Kalahari Waarheid
![](https://vrystaatkunstefees.co.za/wp-content/uploads/2024/04/Website-Images-LitFees-26-Kalahari-Waarheid-1-1024x576.jpeg)
Om aandag op een van ons eie inheemse volke te vestig, het die SBA (Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans) besluit om ‘n lekkerleesboek oor die Kalahari-Boesmans as Suid-Afrika se Eerste Nasie uit te gee. Kalahari Waarheid is ‘n Afrikaans-verwerkte aanpassing van die boek Kalahari RainSong wat in 2004 deur die Universiteit KwaZulu-Natal Press uitgegee is. Dit handel oor die lewe van Belinda Kruiper vandat sy as ontvangsdame in 1997 by die Kgalagadi-Oorgrenspark begin werk het, die Boesmans se vertroue gewen het, hulle met grondeise gehelp het, met die bekende kunstenaar Vetkat getrou het, en ook werksaam was by die Suid-Afrikaanse San Instituut. Dit sluit ook tipiese Kalahari-stories in wat om die kampvure vertel word oor leeus en jakkalse, die nimmereindigende duine en die nagkoue uitspansel. Kalahari Waarheid is gratis beskikbaar by die SBA-webtuiste as lees- en luisterboek.
Met: Belinda Kruiper, Lyntjie Jaars, Lynthia Julius (gespreksleier)
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 60 min
Prys: R40
Plek: ATKV-Boeke-oase (Hoofsaal)
Tyd: 6 Jul 15:00
![](https://vrystaatkunstefees.co.za/wp-content/uploads/2024/04/ticket-300x146.png)
Gratis