Karl Schoeman Gedenklesing 

Die Tsjeggiese skrywer, Milan Kundera, het eens opgemerk dat die einde van die romankuns as kunsvorm sal aanbreek wanneer romans nie meer deelneem aan die geskiedenis van die romankuns nie, wanneer romans bloot romanmatige lewensverhale of romanmatige joernalistiek of romanmatige belydenisse of romanmatige politieke argumente of romanmatige beskrywings van die dood van geliefdes of verlies van onskuld is. Hierdie soort romans, waaraan daar ‘n oorvloed is, bring volgend Kundera geen nuwe begrip van die menslike bestaan of van die romankuns mee nie: ‘n Mens lees hulle in die oggend en gooi hulle in die middag weg. In hierdie lesing gaan ek na hoedat Schoeman die moontlikhede van die roman as kunsvorm ontgin deur bewustelik deel te neem aan die tradisie van die romankuns en sodoende telkens nuwe moontlikhede vir die romankuns en vir bestaan oopskryf.

Met: Willie Burger 
Taal: Afrikaans  
Tydsduur: 60 min 
Prys: R40 
Plek: ATKV-Boeke-oase (Hoofsaal) 
Tyd: 2 Jul 18:00 

Gratis