Neil Sandilands & Die Band “Land & Sand”

Die EMMY-benoemde akteur en SAMA-benoemde musikant, Neil Sandilands toer wéér die land plat met sy raakvat orkes Schalk Joubert, Frank Freeman & Ronan Skillen. Dié veteraan akteur van onder meer internasionale televisiereekse soos Sweet ToothThe FlashThe 100, asook plaaslike reekse Die Groot NiksDesert Rose & Sewende Laan, het geen bekendstelling nodig nie. As ’n vermaaklikheidster is hy elektries. Dié wintertoer is selfs meer omvattend, ons reis 40 dae & 40 nagte en gaan heerlik met onse mense gesels, sommer Land & Sand, aldus die titel. Die musiek kom uit Sandilands se bekende albums Sangoma Sandilands & Jou Pa se PosseAllegaarkie vir ’n AskeetDie Groot 5Die Groot Niks, asook nuwe werke wat nog nooit opgeneem is nie.  

Debuut | Debut

Genre: Kontemporêre Musiek | Contemporary Music

Musikant | Musician: Neil Sandilands, Schalk Joubert, Frank Freeman, Ronan Skillen

Taal | Language: Afrikaans 

Aanbevole ouderdom | Age suitabilityAlle ouderdomme

Tydsduur | Running time at full length80 min

Kaartjieprys | Ticket price: R200 vooraf, R220 by die deur

Datums en Tye | Dates and Times4 Jul 19:30

Lokaal | VenueCreative Kilowatt Kopanong 

 

Koop Kaartjies