Leonard Cohen vir die Afrikaanse siel
Eers was die meeste Leonard Cohen-aanhangers skepties: Hoe kan enigiemand waag om Cohen se onvergelykbare poëtiese lirieke in Afrikaans te vertaal? Maar skeptisisme het gou verander in verwondering, en die album was ’n ongekende sukses. Dis nou ‘n dekade later en gehore is steeds in vervoering oor Koos van der Merwe se nuwe Afrikaanse akoestiese weergawes van treffers soos Dance Me to The End of Love, Suzanne, Hallelujah en Famous Blue Raincoat.
Genre: Kontemporêre Musiek | Contemporary Music
Musikant | Musician: Koos van der Merwe
Taal | Language: Afrikaans
Aanbevole ouderdom | Age suitability: Alle ouderdomme
Tydsduur | Running time at full length: 90 min
Kaartjieprys | Ticket price: R150 vooraf, R170 by die deur
Datums en Tye | Dates and Times: 4 Jul 13:00, 5 Jul 09:30
Lokaal | Venue: Odeion