Liewe Heksie Vang Vis
Almal se geliefde Liewe Heksie is terug. Dié keer span sy haar besem in as ’n visstok. “Haai oe, dis vir my so lekker as ek ‘n vis vang. Dan sing ek sommer ‘n liedjie en die vis wil saam sing. Ek weet, want sy bek gaan so oop en toe. Of dalk gaap hy, omdat hy moeg is, dan gooi ek hom terug en vang ‘n nuwe ene.” Hoekom raak Koning Rosekrans se forelle al hoe minder? Is dit Levinia of is die nare Geelheks weer in die prentjie?
Genre: Teater vir jong gehore | Theatre for young audiences
Rolverdeling | Cast: Margit Meyer-Rödenbeck, Deon van Zyl
Regisseur | Director: Margit Meyer-Rödenbeck
Skrywer | Writer: Margit Meyer-Rödenbeck, verwerkings van Verna Vels se stories
Taal | Language: Afrikaans
Aanbevole ouderdom | Age suitability: Alle ouderdomme
Tydsduur | Running time at full length: 55 min
Kaartjieprys | Ticket price: R120 vooraf, R140 by die deur
Datums en Tye | Dates and Times: 2 Jul 10:00, 3 Jul 09:30
Lokaal | Venue: Creative Kilowatt Kopanong Ouditorium