Ligte, Kamera, Lees: Nuwe boeke oor film
Drie onlangse filmboeke maak opslae. What Film is Good For (2023), met Martin P Rossouw as mede-redakteur, is ‘n filosofiese verkenning van die waarde van film, asook die waarde van die ervaring vir die kyker. Chris Vorster se Franz Marx: Uit die Perd se Bek (2022) is ‘n biografie van die beroemde Afrikaanse vermaaklikheidslegende. Akademikus Keyan Tomaselli en filmvervaardiger Richard Green se Richard Green in South African Film: Forging Creative New Directions (2022) fokus op die belangrike tweespel tussen teorie en praktyk. In hierdie paneelbespreking tussen Martin P Rossouw, Chris Vorster en Chris Broodryk, tree die drie boeke op grond van verskeie raakpunte met mekaar in gesprek.
Met: Chris Broodryk, Chris Vorster en Martin Rossouw
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 60 min
Prys: R50
Plek: Simonsvlei tent
Tyd: 6 Jul 14:30