Lollos Sirkus
Lollos kry ’n uitnodiging na die sirkus! Die Lalalanders is baie opgewonde. Hulle word betower deur al die spoggerige toertjies, akrobate wat tuimel deur die lug en die slim rob wat drie balle gelyk op sy neus kan balanseer! Maar o gits, die narre is weg met vakansie! Die sirkusmeester vra die Lalalanders om in die narre se plek te help. Hulle is baie op hulle senuwees. Is hulle talentvol genoeg vir die sirkus? Sal hulle betyds ’n plan kan beraam?
Genre: Teater vir jong gehore | Theatre for young audiences
Produksiehuis | Production house: Lollos Productions
Rolverdeling | Cast: Elizna Swanepoel, Alvina Gertze, Hein Poole, Redione Stephens
Taal | Language: Afrikaans
Aanbevole ouderdom | Age suitability: Alle ouderdomme
Tydsduur | Running time at full length: 50 min
Kaartjieprys | Ticket price: R150 vooraf, R170 by die deur
Datums en Tye | Dates and Times: 5 Jul 09:00, 6 Jul 09:00
Lokaal | Venue: Creative Kilowatt Kopanong Ouditorium