Marius Weyers 

Hierdie biografie deur sy vriend en mede-akteur Chris Vorster is ’n nodige blik op die omvangryke loopbaan van ’n Afrikaanse teaterlegende en ikoon. Marius Weyers is in 2021 vereer deur die SA Akademie vir sy uitsonderlike bydrae tot die rolprenten TV-kuns. Daarna het hy aangekondig dat hy aftree 55 jaar in die bedryf en klaar is met toneelspel. Hy is waarskynlik een van die bekendste en mees gerespekteerde name in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf. Hy het homself as ʼn akteur sonder gelyke gevestig: plaaslik én internasionaal. Sy veelsydigheid word weerspieël in die meer as 180 verskillende karakters wat hy vertolk het en in die meer as 50 rolprente en televisiereekse waarin hy sedert 1964 gespeel het. Foto’s en anekdotes, humor en aanhalings gee inligting en insig in hierdie kunstenaar se denke en uitdagings wat hy moes oorkom. Ook vertel dit die mooi liefdesverhaal tussen Marius en sy vrou, Evette (die bekende beeldhouer), wat in Julie 2023 oorlede is. Weyers is meermale deur skrywers gevra of hy belangstel in ’n biografie en het telkens geweier omdat hy so privaat is. Hy het ook gesê dat dit voorheen nie die regte tyd was nie. Hy voel die tyd is egter nóú reg. 

Met: Chris Vorster, Gerben Kamper (gespreksleier) 
Taal: Afrikaans  
Tydsduur: 60 min 
Prys: R40 
Plek: Simonsvlei tent 
Tyd: 5 Jul 11:30 

Koop Kaartjies