
MEDIAVERKLARING | MEDIA RELEASE
29 November 2022
Die Vrystaat Kunstefeesraad ondersoek tans besluite en aksies wat gelei het tot die laat-betaling van kunstenaars ná die 2022-fees. Ons is bewus van boodskappe op sosiale media en beriggewing in ander media oor veronderstelde terme en tydlyne van die beoogde vergoeding. Om oop kommunikasie met die kunstenaars te verseker, het die fees met hulle gekorrespondeer oor die werklike situasie, wat daartoe aanleiding gegee het, en watter stappe onderneem word om die betalings so gou moontlik te doen.
Ons finansiële stelsel is beslis in staat om situasies te hanteer waarin inkomste en projeksie ooreenstem, maar weens die lae kaartjieverkope tydens die 2022-fees, het ’n kontantvloeiprobleem ontstaan. Dit is die hoofrede waarom die betalings nie kon plaasvind soos beplan nie. Die verskuiwing van die fees na Oktober, ’n onvoorsiene nagevolg van die pandemie, het die fees se normale inkomste negatief beïnvloed. Hoewel ons finansiële beplanning tans die betaling van kunstenaars in Februarie volgende jaar voorsien, is dit nie ‘n ideale situasie nie en werk die feesraad onverpoosd voort om fondse vroeër beskikbaar te stel. Dit sluit in die aanwending van beleggingsfondse, periodieke betalings deur langtermynborge, en die invordering van uitstaande bedrae van debiteure.
Ons weet kunstenaars verwag stiptelike betaling en ideaalgesproke wil ons graag in hul verwagtinge voldoen. Die fees begryp die moeilike situasie waarin kunstenaars hulself nou weens die finansiële situasie bevind. Ons bly daartoe verbind om soos wat ons die afgelope twintig jaar gedoen het, kunstenaars te ondersteun en om die finansiële gevolge sover moontlik te bekamp.
Sedert die Oktober 2022-fees, is die fees se finansiële stelsel hersien om fondse voortaan beter af te kamp. Die feesraad het ’n ongeëwenaarde hoeveelheid vergaderings gehou om die situasie te ondersoek en om nuwe betroubare protokol vir 2023 in plek te stel om aanspreeklikheid só te verseker. Ons is dankbaar vir die ondersteuning wat ons oor die jare ontvang het en verseker u dat die fout, hoewel kollosaal en met ongekende verreikende gevolge, onopsetlik was. ’n Plan word beraam om die kunstenaars teen Februarie 2023 te betaal. Aangesien die fees volgende jaar weer in die tradisionele tydgleuf van 11 tot 15 Julie 2023 gaan plaasvind, sal finansiële projeksies en die bestuur van fondse weereens effektief en kunstenaar-georiënteerd toegepas word. Die feesraad wil dit duidelik stel dat ons geen intensie het om die situasie te verbloem nie, maar dat oop kommunikasie deurgans sal plaasvind met alle geaffekteerde kunstenaars en ander betrokke partye.
The Vrystaat Arts Festival Board is reviewing delayed payment of artists for the 2022 festival. We are aware of social media posts as well as reports in other media regarding terms and timelines of due payments. In the interest of maintaining an open dialogue with artists, we have corresponded with them relating our actual situation, how we arrived at it, and what our intentions are to remunerate them as soon as possible.
Our accounting system operated perfectly in situations where income met projections but owing to low sales in 2022, the Festival has been left with a cash-flow problem. This is the primary cause of payments not being processed as anticipated. Due to the effects still felt by the pandemic, the festival’s normal income was affected adversely when the event had to be hosted during October. While our financial planning currently does avail funds to pay the artists in February 2023, this is not an ideal situation, and we continue our endeavour to release that funding sooner. This includes the application of investment funds, long-term sponsor periodical payments, and residual amounts outstanding from debtors of the 2022 festival.
We know artists expect prompt payment and ideally, we would want to fulfil that expectation. The Festival acknowledges the difficult position the artists now find themselves in as a result of the financial detriment. We remain committed to supporting artists as we have been doing for over twenty years, and to restrict the effects as best we can.
We have, since the October 2022 festival, reviewed our accounting system which now better ring-fences finances. The festival board has met an unprecedented number of times to review the situation and recommend and apply new fail-safe protocols for 2023 to ensure accountability. We appreciate the support we’ve received over the years and want to assure all that this error, while egregious and with far-reaching impact, was not intentional. A plan is being refined to pay the artists by February 2023. With the festival taking place in its traditional timeslot next year from 11-15 July 2023 financial projections and management of funds will be as effective and artist-focused as before. The festival board, in no uncertain terms, wants to state that we have no intention of concealing the situation and will therefore continue to maintain open communication with all affected artists and parties involved.