Memoires van jou moeder  

Hierdie selfskryf-nalatenskapjoernaal is saamgestel deur Anné Pretorius en verskaf ‘n wegspringplek vir elke moeder om haar lewensverhaal aan haar kind te vertel. Haar eie ma se joernaal is ná haar skielike dood Anné se kosbaarste besitting en met Memoires wil sy dit vir ander moeders makliker maak om te onthou en te skryf. Die gids bevat agt hoofstukke wat elk begin met ‘n unieke, gepaste kunswerk en ‘n gedig wat die leser op ‘n reis deur haar lewensverhaal neem en fasiliteer só die proses om haar lewe te verwoord. Twee stewige koeverte word skatkiste waarin sy memorabilia kan plaas soos foto’s, briewe en geheustokkies met byvoorbeeld ‘n stemboodskap of video, en selfs ‘n wêreldkaart wat haar reise deur die jare aandui. Memoires van jou moeder is ‘n pragtige, inspirerende kunswerk en waardevolle erfstuk wat ‘n moeder aan haar kind kan nalaat. 

Met: Anné Pretorius, Zarine Roodt (gespreksleier) 
Taal: Afrikaans  
Tydsduur: 60 min 
Prys: R40 
Plek: Simonsvlei tent  
Tyd: 6 Jul 13:00 

Koop Kaartjies