My project-1 (18)

Mirakel: second births en melktert

Overall, Mirakel het my sense of intrige geprikkel and left me asking: Wat nou?, skryf Paul Kammies.

Die meaning van Mirakel lê diep inni subtext vanni play, maa’ wat dit aanbied op enige vlak is ’n enjoyable ervaring gespeel deur ’n geselskap wat fantastiese werk maak van die skryfwerk van Reza de Wet.

Mirakel speel af inne withered Roman Catholic-kêk. Daa’s ’n statue van Mary met haar kop wat missing is, veins of paint wat lyk asof dit vanni mure wil afpeul en  stained-glass-vensters met gate – niks in die kêk is holy nie, nothing hie is sacred. Die space voel eerie, asof die stof die onheil koester. ’n Teatergroep, gelei deur die ever passionate Dante du Pré (Dawid Minnaar) enter die vetrek en begin onmiddellik die plek ontruim – hulle moet prepare vi ’n upcoming performance van Everyman in spite of hulle limited resources, hongerte en die vraag na wat kuns werklik is. Die rest van die groep consists of Abel (Edwin van der Walt), ’n jong akteur, Salome (Bettie Kemp), Dante se ride-or-die wat ook die costume making behartig, Lenie (Carla Smith) ’n hoog-swanger aktrise wat in ’n verhouding met Abel is, en Eben Genis vertolk die rol van die desperate musiekonnie turned actor. Laaste is Rolanda Marais wat Anna speel – die vrou van Abel wat haarself carry met ’n deep sense of brutality. Terwyl die geselskap besig is om te prepare wôd hulle onderbreek deur Anna wat haar gasvryheid gebruik om by Abel uit te kom. Haa manipulation techniques is subtle, amper gentle soes die hidden notes van cinnamon inne melktert.  Die vraag is of sy gaan wen, and at what cost?

Mirakel het baie oomblikke wat voel asof iets bonatuurlik gaan gebeur, moments van tension wat voel asof ’n singularity gaan oopbars, maa’ dit doenie – dit hou vir jou op ’n lyntjie – asking you if you believe in magic. Veral as dit kom by Abel en die loss van ’n kind, van ’n vrou; ’n loss of self. In die midst van selfishness en greed vind ons daar’s mense wat vasbyt deur moeilike belewenisse. Towards the end of the play issit myns insiens die geval dat vryheid as ’n idyllic concept contested is. Is nie so maklik nie, is meer malevolent as mooi en meditated.

Overall, Mirakel het my sense of intrige geprikkel and left me asking: Wat nou? – die kwessie van die necessity van lyding comes up. Abel se second birth bring die magiese elemente van die play meer in fokus – ons sien hoe ’n plek wat veronderstel is om ’n plek van hoop te wees, in ’n plek van barrenness verwôd; sonder een saviour om te getuig even. Isse play oor hoe ons freedom bereik deur die een of die anne opoffering. 

Share this post