My project-1 (37)

’N AKKERBOOM: ’N FRAMEWORK VI DIE ANNIHILATION OF PAIN

Die play los my met ’n gevoel dat ons weakest moments important is, whether intentional or not. En dat ôs moet baie doen om net at least die bekke van ons inner demons vas te trap, skryf Paul Kammies

Die play An Oak Tree deur Tim Crouch kry nuwe lewe in ’n Akkerboom – experimental, filling you with dread. Die oorspronklike teks is geskryf as ’n response to ’n conceptual artwork van Michael Craig-Martin waarin hy viewers uitdaag om ’n glas water as ’n akkerboom te beskou. Inni play wôd dai themes van suggestion, illusion en die werklikheid in ’n groot pot met die macabre en die dood versmelt.

’it speel af soe, ’n hypnotist het per ongeluk ’n meisie doodgemaak. Die pa vanni meisie kom een aand na een van sy shows toe om antwoorde te soek. Hy wôd deel van die vertoning en wôd deur ’n reis van rou en shame gevat wat ook meer gedeeltes van hul lewens aanraak. Enter the theatre, wôd entranced, voel angstig, wees ge-hypnotise.

Een ander ding, die hipnotiseur, vertolk deur De Klerk Oelofse, het tydens elke nuwe vertoning ’n gasakteur wat nog nooit vantevore die teks gelees het nie. ’n Game of trust. In elke vertoning wôd die gasakteur die grieving pa, André, en die hipnotiseur gee vir hulle stukkies vanni teks en ook instructions tydens’ie show.

Met dai in gedagte, die play is spellbinding en huiwer nie om die gehoor met desolation te attack nie. Dit hou aan die question vra: “Hoe gaan ek ooit die verlies uit my kop kry?” Die antwoord watti play gie is annihilation. Sekere oomblikke inni play is ’n sensory overload met ’n geskrie, disorienting music en absurde actions wat onderbreek wôd inni moments waa die fourth wall gebreek wôd, completely removed from the overwhelming dialoog oor remorse.

In dai ander moments issi gehoor reminded van die feit dat hulle, en ook die gasakteur, besig is om ’n toneelstuk te beleef. Jy weet nie wat om te glo nie, maa jy weet wel dat die pyn soese giftige reuk besig is om jou dizzy te maak, ommi selfde pyn in jou longe te laat infiltrate. Teen die einde vanni toneelstuk is die annihilation nie genoeg ommi pyn weg te smyt nie. Hulle smag na rest. Hulle need die impossible om te happen, soos die hypnotist wat able is om die pa te laat glo dat hy kan klavier speel, of selfs dat hy die dogtertjie doodgemaak het.

Die play los my met ’n gevoel dat ons weakest moments important is, whether intentional or not. En dat ôs moet baie doen om net at least die bekke van ons inner demons vas te trap.

Share this post