Oor jou dooie liggaam
Hoe kleiner die plek, hoe groter sy geheime. Lekespeurder Ludo Labuschagne sit saam met ’n vriendin af na die Overberg. Kort voor lank verdwyn mense daar tussen neus en ore, net om weer hul opwagting te maak. As lyke … Die spanning kring uit. Aanvalle. Afpersing. ’n Berekende blik agter ’n gemoedelike plattelandse glimlag. Kan die bose vastrapplek in so ’n idilliese landskap kry? En sal Ludo oorleef om die waarheid oop te krap?
Met: Francois Bloemhof, Jonathan Amid (gespreksleier)
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 60 min
Prys: R40
Plek: ATKV-Boeke-oase (Hoofsaal)
Tyd: 3 Jul 16:30