Radiodrama-werkswinkel met Dr Lelia Bester
“Ek verkies radio bo TV want die prentjies is beter” (Alistair Cooke). Televisie verskaf spesifieke beelde aan die kyker terwyl radio dit moontlik maak vir elke luisteraar om sy eie beelde te vorm. Radio het dus die potensiaal om miljoene beelde in die verbeelding van miljoene luisteraars te vestig en word daarom ook beskryf as verbeeldingsteater. Die span agter die mikrofone en in die studio maak gebruik van verskeie tegnieke om lewe te skenk aan kleurvolle en geloofwaardige stories. Teëltjies van die bordspeletjie “Scrabble” word byvoorbeeld in ‘n glas gegooi om die illusie te skep dat daar ys in die glas is. Prikkel dit jou verbeelding? Die radioteater-werkswinkel is vir elke persoon wat nuuskierig is oor die kreatiewe wêreld agter die mikrofoon. Kom speel saam en skep jou eie klanke en stories.
Met: Dr Lelia Bester
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 90 min
Prys: R90
Plek: Visual Media Hub (Houtvloerkamer)
Tyd: 2 Jul 11:00