Riglyne tot resensies

Om filmkritiek toe te pas en films te resenseer, is vir enige kyker ‘n doeltreffende en bevredigende manier om verder betekenis te gee aan emosies, reaksies en refleksies op treffende kykstof. Deelnemers kan gerus vooraf die film The Sound of Freedom op Prime Video kyk aangesien hierdie film ‘n hoofverwysingspunt in die werkswinkel sal wees. In die werkswinkel verken ons die rol van filmkritiek in kultuurdiskoerse, resensie-ontleding, en die toepassing van die beginsels van filmkritiek deur self ‘n resensie te skryf. Ons mantra eggo die mening van kritikus AO Scott: “Better living through criticism”. Na afloop van die werkswinkel kan deelnemers hul resensies indien vir verdere individuele terugvoer. Vir skryfdoeleindes moet deelnemers ‘n skootrekenaar of pen en papier saambring.

Met: Prof Chris Broodryk
Taal: Afrikaans  
Tydsduur: 80 min 
Prys: R50 volwassenes, R20 studente 
Plek: Equitas Senaatsaal 
Tyd: 3 Jul 14:00

Koop Kaartjies