Sterretjiekind 

 “Oumie, wat is godsdiens?” Dit het Naledi een middag skool vir haar Oumie gevra. En weet jy wat? Daar vertrek Naledi en haar Oumie toe op ʼn gróót avontuur en ʼn opwindende ontdekkingsreis reg rondom ons planeet op soek na dit wat mense godsdiens noem en wat vir hulle sin in hul lewe gee. Van Oos na Wes en van Suid na Noord. Kom saam! ʼn Lees-, dink-, knipen teken-plakboek vir kinders en hul oumas (en oupas, en ma’s en pa’s, en onderwysers) oor ons wêreld se godsdienste en oortuigings en hoe om ons wêreld ʼn beter plek vir al haar kinders te maak. Lizette is ook die skrywer van die gewilde Blou Feetjie (en haar storie wat net nooit ophou nie!) wat so graag by haar tien klippe gespeel het, en wat vir haar sulke waardevolle lewenslesse geleer het. 

Met: Maritsa Barlow 
Taal: Afrikaans  
Tydsduur: 30 min 
Prys: Gratis 
Plek: ATKV-Boeke-oase (Hoofsaal) 
Tye: 2 Jul 9:30, 4 Jul 9:30 

Gratis