Sy is veilig
Emma van der Walt is die stigter van Brave to Love, ’n organisasie in Suid Afrika wat mensehandel beveg. Emma en haar span werk sy-aan-sy met plaaslike en internasionale wetgewende instansies. Saam beveg hulle mensehandel en slawerny en vlek die korrupsie en ontsaglike lyding wat agter toe deure plaasvind, oop. Daagliks betree hulle die donker wêreld van die seksbedryf en mensehandel om jong vroue uit die kloue van euwel te red. Hierdie meisies word dan met liefde en leiding ’n nuwe begin gebied. Sy is veilig is haar storie en die skokkende verhale van die gelukkiges wat gered kon word om uit die hel van mensehandel te ontsnap.
Met: Emma van der Walt, Ruda Landman (gespreksleier)
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 60 min
Prys: R40
Plek: ATKV-Boeke-oase (Hoofsaal)
Tyd: 3 Jul 12:00