Vers & kapittel II
Aan baie boeke maak, kom geen einde nie, sê die Prediker, en studie is ’n vermoeiing van die vlees. Dit mag waar wees, maar vir Daniel Hugo was skryf en lees nog altyd ’n vreugde vir die gees. Hy is al ’n halfeeu lank besig met boeke maak en tekste ontleed. In hierdie tweede bundeling van sy onderhoudende stukke oor die digkuns versamel hy tekste in vier kategorieë: artikels, rubrieke, resensies en onderhoude wat met hom gevoer is oor sy eie digbundels en vertalings uit Nederlands. Die vers staan altyd sentraal, en sy insigte word met vers en kapittel bewys.
Met: Daniel Hugo, Bernard Odendaal (gespreksleier)
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 60 min
Prys: R40
Plek: ATKV-Boeke-oase (Hoofsaal)
Tyd: 3 Jul 15:00