Voorblad 

‘n Misdaadroman vol intrigue en afdraaipaaie wat die leser op die punt van sy stoel hou. Wanneer die liggame van twee vooraanstaande sakemanne binne ‘n week na mekaar in hul motors aangetref word, is joernalis Alex Rheeder in albei gevalle eerste op die toneel. Die ondersoekbeampte, Kaptein Harold Beukes, wil weet waar Rheeder sy inligting kry, maar dié is self in die duister oor die motiewe van die moordenaars wat hom van inligting voorsien. Gou is daar nog vier moorde en moet Rheeder nie slegs die moordenaar ontmasker nie, hy moet ook die agterdog teen hom besweer en twee aanslae op sy lewe trotseer. Hy kry hulp uit ‘n onverwagte oord wanneer Vingertjies Mintoor, ‘n hawelose sakkrapper en rommel-entrepeneur belangrike inligting oor die moorde met hom deel. ‘n Keurder het die volgende gesê: “Die lakmoestoets vir hierdie genre is dat die leser nie die boek wil neersit as hy eers begin lees het nie. Die skrywer slaag hierdie toets.” 

Met: Hannes Visser, Jaco Spies (gespreksleier) 
Taal: Afrikaans  
Tydsduur: 60 min 
Prys: R40 
Plek: Simonsvlei tent  
Tyd: 3 Jul 14:30 

Koop Kaartjies