OOR VRYNGE

MAAK HIERDIE JOU SPASIE!

Die Vrystaat Kunstefees heg waarde aan diversiteit, respek en uitnemendheid. Deur vrynge poog dit om ‘n omgewing te skep wat vryheid van praktyk inspireer, innovasie ondersteun, kreatiewe bedrywe aanmoedig en kapasiteit bou.

vrynge se program sluit letterkunde, visuele kunste, film, mode, argitektuur, musiek, dans, uitvoeringskuns, interdissiplinêre en eksperimentele kuns, plekspesifieke werk en teater in, asook ruimte vir innoverende kos en drank, en ander kreatiewe bedryfspraktyke.

Dit bied aan opkomende kunstenaars die geleentheid om sosiale kohesie te bevorder en ekonomiese ontwikkeling in die Vrystaat ’n hupstoot te gee. Kunstenaars sal nie net hul kuns ten toon stel nie, maar ook die geleentheid kry om by professionele plaaslike en internasionale kunstenaars betrokke te raak en te leer deur werkswinkels wat tydens vrynge aangebied sal word.

Vryheid

Vrynge is 'n oop toegang kunstefees

Eksperimenteel

Enigiemand wat 'n storie het om te vertel, kan aansoek doen

Aanmoedig

'n Gesentraliseerde keuringsproses is beperk

Kapasiteitsbou

Wys jou unieke perspektief

HOE WERK VRYNGE?