btt

Die Doolhof

Ná ’n kort draai by ’n verlate gebou bevind ’n familie hulself vasgevang in ’n onontkombare nagmerrie. Hulle word dieper in ’n doolhof van geheime en skaduwees getrek en moet veg om te oorleef tydens ’n nag van terreur wat dreig om hul liefde uitmekaar te skeur. Maar met elke nuwe openbaring begin die lyn tussen rede en waansin vervaag en dié wat eens vertrou is, word vyande wat binne die duisternis van die doolhof skuil.

Murder, but let’s call it Suicide

Is jy ’n moordenaar? Nee? Is jy seker? Ja? Goed, het jy iemand geken wat hul eie lewe geneem het? Weet jy, jy mag dalk ’n moordenaar wees. Die styl, geïnspireer deur die teater van wreedheid, is grafies, donker en meesleurend en laat die boodskap agter dat mense meer versigtig moet wees in hoe hulle ander behandel. Dit is ’n uitbeelding van gevolge. WAARSKUWING! Jy mag vies word, gekwes voel, bang wees of ’n bietjie nat raak.