UV-resin is ’n kreatiewe kunsvorm waarin vloeibare hars met kleure, glitter en dekoratiewe elemente gemeng en onder UV-lig verhard word tot ’n blink, glasagtige afwerking. In hierdie UV-resinwerkswinkel lei ’n ervare fasiliteerder deelnemers stap-vir-stap deur die meng-, kleur- en gietprosesse. Deelnemers eksperimenteer met verskeie effekte en voltooi drie unieke skeppings, soos juwele of sleutelhouers. Praktiese leiding oor veiligheid, tegnieke en hoe om algemene foute te vermy, verseker ’n netjiese, soliede eindproduk.
Pakket sluit in: UV-harpuis (resin), Gietvorm, Koppelringetjie, Oop-raam-hangertjie, Twee sintetiese leerbandjies, Geslote sleutelhouervorm, Sleutelhouerringetjie, Sleutelhouerversiersel, Resin-kleefband handskoene, Mengbekertjies, Roerstokkie, Tandestokkie, Pigmente, Glisterstof (glitter), Klein dekor elemente, Natlappie (wet wipe).
Mosaïek is ’n kunsvorm waarin klein teëls, glas of keramiek saamgevoeg word om patrone en beelde te skep. In hierdie Griekse-mosaïekwerkswinkel maak en breek deelnemers hul eie teëls en kombineer dit met voorafgemaakte stukke om ’n unieke mosaïek-kaasbord te voltooi. ’n Ervare fasiliteerder lei die proses stap-vir-stap en bied kundige leiding oor materiale, veiligheid, patrone, kleurgebruik en rangskikking. Deelnemers ontvang praktiese wenke vir ’n netjiese afwerking en hoe om algemene foute te vermy.
Pakket sluit in: Rou keramiekteël, Mosaïekteëls, Plastieksak, Kaasbord, Gom, Spons, Waterbakkie, Mengbak, Mengstokkie, Voegbry, Water, Nat lappie (wet wipes).
Harpuisgiet is ’n kunsvorm waarin vloeibare hars met pigmente gemeng en gegiet word om ’n blink, glasagtige afwerking te vorm. In hierdie harpuisgiet-werkswinkel lei ’n ervare fasiliteerder deelnemers stap-vir-stap deur die meng-, kleur- en gietprosesse. Deelnemers leer oor verskillende tipes hars, veiligheid en tegnieke en eksperimenteer met pigmente, ink en spesiale effekte. Elke deelnemer voltooi ’n unieke harpuiskunswerk en ontvang praktiese wenke vir ’n pragtige afwerking en hoe om algemene foute te vermy.
Pakket sluit in: Deelnemers aan die harpuisgiet-werkswinkel ontvang ’n volledige kunsstel met alles wat nodig is om hul eie unieke harpuiskunswerk te skep. Dit sluit in: Hoëgehalte epoksiehars en die regte-verhouding-verharder vir ’n duursame afwerking, Pigmente en kleurstowwe – ’n verskeidenheid kleure, metaalpoeiers en spesiale effekte om jou kunswerk uniek te maak, Roerstokkies en mengkoppies, Handskoene en voorskote, Skinkbord, Nat lappies (wet wipes), Handdoekpapier, Maskeerband, Sosatiestokkie.
Metaal-embosseleerwerk is ’n kunsvorm waarin ’n spesiale loodvrye metaalplaat gevorm word om pragtige reliëfpatrone met ’n 3D-effek te skep. Deur lyne te trek en gedeeltes aan die agterkant uit te werk, ontstaan besondere diepte en detail. Die metaal skeur nie maklik nie en is ideaal vir fyn, duursame kunswerke. Hierdie tegniek bied groot kreatiewe moontlikhede en verg goeie beplanning. Sluit aan by ons werkswinkel vir stap-vir-stap begeleiding in ’n ontspanne omgewing en skep jou eie indrukwekkende reliëfprojek.
Pakket sluit in: Metaalvel, Embosseleer-gereedskap, Papierpennetjies, Patroon, Vilt, Maskeerband, Gom, Verf, Sponsie, Fyn staalwol, ‘n Boksie om dit op te plak.
Word deel van ’n intieme kreatiewe belewenis waar klank, beeld en smaak in perfekte harmonie saamvloei. Asem die ryk geur van koffie in, geniet lewendige musiek deur Jacobus Silwer, laat kwas, pen en ink in jou hande lewe kry en ervaar ’n swart-en-wit proe-ervaring. Skep ’n unieke skets, verken koffieverf- en vloeiende akrieltegnieke, en dra by tot ’n meesterstuk vir ’n tehuis vir mense met gestremdhede. Sluit aan by Pen, Passie en Proe – kom skep, proe en beleef kuns uit jou hart uit.
Pakket sluit in: Duursame papier, Pen, Akriliese vloeistofverf, Akriliese vloeistofbasis, Handskoene, Voorskote, Stokkies.
Beperkte plekke beskikbaar.
Sluit aan vir ’n prettige en kreatiewe polimeerklei-oorbelwerkswinkel waar jy jou eie unieke oorbelle of ander juwele gaan ontwerp en vervaardig. Hierdie praktiese werkswinkel bring kunskenners van verskillende kunsvorme bymekaar om jou stap-vir-stap te leer hoe om jou handgemaakte oorbelle of juwele te skep. Of jy jouself wil bederf, vir ’n geliefde ’n geskenk wil maak, of self net lus het om ’n nuwe vaardigheid aan te leer, is hierdie werkswinkel vir jou. Geen ondervinding nodig nie – net entoesiasme! Laat die res in ons hande!
Pakket sluit in: Polimeerklei, rollertjies, snyers, lemmetjies, kleigereedskap, stensils, tesktuurplate, instruksieblad.
Ekstra klei vir ander kleure te koop teen R40.
’n Balpuntpenvaardigheid-werkswinkel deur musikant en balpuntpen-sketskunstenaar Jacobus Silwer. Hy ondersoek die moontlikhede van die artistieke gebruik van die eenvoudige balpuntpen en bied ’n kunservaring wat musiek en sang kombineer!
Pakket sluit in: BiC-balpuntpen, Steadtler HB-potlood, Houtskool, Uitveër, A3-Fabriano-papier, A4-papier.
Ontspan saam met ons by ons Sip & Paint-klas! Onder leiding van ’n plaaslike kunstenaar verken jy jou kreatiewe kant met ’n paar skilderinstruksies, maar vind ook vryheid in jou eie uitdrukking – geen ervaring nodig nie. Geniet ’n ontspanne atmosfeer en gee jou verbeelding vrye teuels. Of jy hier is om te leer, te sosialiseer of net te ontspan, hierdie aand belowe pret, lag en ’n meesterstuk om huis toe te neem. Kom vir die kuns, bly vir die atmosfeer. Sien jou daar!
Pakket sluit in: Materiaal om die kunswerk te voltooi, Eet- en drinkgoed.