The Little Prince vertel die verhaal van die vriendskap tussen ’n loods en ’n blonde seuntjie wat begin met die vraag: “Teken vir my ’n skaap?” Die Prinsie het waarskynlik van Asteroïede B612 af na die aarde gekom. Die veteraanakteur Chris van Niekerk vertel die verhaal uit die loods se oogpunt, terwyl die gehoor die epiese reis op die volkoepel van die planetarium volg. Hierdie is ’n unieke geleentheid om een van die wêreld se klassieke verhale te ontdek.
Kategorie: Planetarium
Unseen Earth
Hoe lyk die Aarde? Wanneer jy jou oë toemaak, verbeel jy jou waarskynlik ’n blou planeet wat vreedsaam in die ruimte sweef. Ons persepsie van die Aarde ontwikkel voortdurend. In die kristalhelder lense van satelliete openbaar ons planeet homself in onverwagte kleure en patrone en verskaf enorme hoeveelhede data. Voortgesette vooruitgang in satelliettegnologie en gekoördineerde wêreldwye Aardewaarnemingsprogramme stel ons in staat om ons planeet meer akkuraat as ooit tevore te monitor en doeltreffender op sy voortdurende transformasies te reageer.
Boyden Observatory Stargazing – Opening Evening
Sluit aan by die Boyden-sterrewag vir ’n betowerende aand onder die sterre. Geniet sterrekykery by ons buitelug-ouditorium, verken die naghemel deur die historiese Boyden 13-duim-teleskoop en ontdek fassinerende verhale in die Boyden-museum. ’n Onvergeetlike hemelse ervaring vir alle ouderdomme. Bespreek vandag nog jou plek!
Pendeldiensinligting:
‘n Bussie is beskikbaar vir alle geldige kaartjiehouers. Dit vertrek vanaf die Odeion-verkeersarea om 17:00 en sal om 17:30 by die Boyden Sterrewag aankom. Ná die geleentheid vertrek die bussie om 19:30 om passasiers teen 20:00 by die kampus af te laai.
A Dangerous Universe
Potensieel-gevaarlike naby-die-aarde-voorwerpe is asteroïede en ander ruimterommel binne ongeveer 50-miljoen km vanaf die Aarde wat groot genoeg kan wees om massasterftes en skade aan die planeet te veroorsaak. Afhangend van hul grootte, spoed, invalshoek en impakgebied, kan hierdie voorwerpe miljarde lewens bedreig met impak en in die daaropvolgende tsoenami’s, aardbewings en brande. Dan is daar ruimteweer … En wat lê anderkant die sonnestelsel? Het ons maniere om hierdie bedreigings die hoof te bied?
Die Klein Prinsie
Die Klein Prinsie vertel die verhaal van die vriendskap tussen ’n loods en ’n blonde seuntjie wat begin met die vraag: “Teken vir my ’n skaap?” Die Prinsie het waarskynlik van Asteroïede B612 af na die aarde gekom. Sy reis deur die heelal word vertel deur die akteur Chris van Niekerk (Beste Vrystaatse Kunstenaar 2017 vir hierdie rol) en geïllustreer deur ’n volkoepelvertoning in die Naval Hill-planetarium deur Leon Snyman. Die vertaling is deur Naòmi Morgan.
’n Gevaarlike heelal
Potensieel-gevaarlike naby-die-aarde-voorwerpe is asteroïede en ander ruimterommel binne ongeveer 50-miljoen km vanaf die Aarde wat groot genoeg kan wees om massasterftes en skade aan die planeet te veroorsaak. Afhangend van hul grootte, spoed, invalshoek en impakgebied, kan hierdie voorwerpe miljarde lewens bedreig met impak en in die daaropvolgende tsoenami’s, aardbewings en brande. Dan is daar ruimteweer … En wat lê anderkant die sonnestelsel? Het ons maniere om hierdie bedreigings die hoof te bied?
KIRA
In die nie-so-verre-nie-toekoms, beheer die grootste korporasie op die planeet die aarde se kosbaarste hulpbron: water. Eve en Max is gereed om alles op die spel te plaas om die waarheid bloot te lê sodat die mensdom ’n kans op oorlewing het. Wanneer die gevaar naderkom, spring Kira in om te help. Maar wie, of wat, is Kira? In ’n wêreld waar die grense tussen werklikheid en tegnologie vervaag, wat is werklik? En belangriker nog, wat is die waarheid?
Mysteries of your Brain
Beleef ’n geanimeerde avontuur saam met ’n meisie en haar kraai-metgesel in hul soektog na wat die menslike brein so besonders maak. Saam sal julle langs die paaie van neurone zoem, uitvind hoe mens- en dierbreine verskil en illusies op ’n groot skaal beleef! Onderweg leer jy hoe jou brein jou maak wie jy is en sien jy dat ons uiteindelik elkeen die krag het om ons breine te verander.
Ongesiene Aarde
Hoe lyk die Aarde? Wanneer jy jou oë toemaak, verbeel jy jou waarskynlik ’n blou planeet wat vreedsaam in die ruimte sweef. Ons persepsie van die Aarde ontwikkel voortdurend. In die kristalhelder lense van satelliete openbaar ons planeet homself in onverwagte kleure en patrone en enorme hoeveelhede data. Voortgesette vooruitgang in satelliettegnologie en gekoördineerde wêreldwye Aardewaarnemingsprogramme stel ons in staat om ons planeet meer akkuraat as ooit tevore te monitor en doeltreffender op sy voortdurende transformasies te reageer.
Passport to the Universe – Ruimtevorms
’n Afrikaanse volkoepelrolprent met verteller Magdaleen Schoch. Lyk die Aarde soos ’n bal, of is dit rond soos ’n pannekoek? Wat van Saturnus en sy ringe? Ruimtevorms gee ’n prettige en skouspelagtige beskrywing van verskillende voorwerpe in die ruimte. Aanbeveel vir kinders van drie tot sewe jaar.









