Kom geniet ‘n prettige wetenskapervaring terwyl jy aandete met jou gesin of vriende geniet”. Die Science@Dinner geleentheid sluit ‘n ligte ete in en terwyl jy jou aandete geniet sal jy gewys word hoedat alles op die tafel gebruik kan word om prettige wetenskap aktiwiteite te doen wat ook sommige basiese konsepte in die alledaagse lewe verduidelik.
Kaartjieprys: R150 per volwassene en R80 per kind. Aandete, drankies en nagereg ingesluit. Kinders onder 16 jaar moet deur ‘n volwassene vergesel word.
Beperkte ruimte: 40 deelnemers per sessie.
Ontdek ’n bietjie vuurpylwetenskap in hierdie maak-en-neem-saam-geleentheid waar jy jou eie vuurpyl uit huishoudelike materiale bou. Maak gereed vir opstyg!
Kinders onder 16 jaar moet deur ‘n volwassene vergesel word.
Beperkte ruimte: 24 deelnemers per sessie.
Besoek die Sci-Ed Wetenskaponderwyssentrum om wetenskap, tegnologie, ingenieurswese, kuns en wiskunde deur praktiese, interaktiewe en ervaringsgerigte aktiwiteite te beleef. Raak betrokke by verskeie interaktiewe uitstallings en opvoedkundige vertonings by die buitelug Wetenskapspark en die binnenshuise Wetenskapontdekkingsentrum.
Kinders onder 16 jaar moet deur ‘n volwassene vergesel word.
Die uitstallings is daagliks oop van 10:00 tot 16:30.
Come and enjoy exciting demonstrations of science concepts in action. The fun activities and experiments are aimed at edutainment that will encourage curiosity and inquiry among the young and old.
Children under the age of 16 should be accompanied by an adult.
Limited space: 50 participants per session.
Verken die Bloemfontein-naghemel vanaf die Sci-Ed-dak tydens ’n informele sterrekykgeleentheid. Benewens waarnemings met die blote oog, sal ons ook na hemelliggame deur ’n 10”-Dobsoniese teleskoop kyk.
Kinders onder 16 jaar moet deur ‘n volwassene vergesel word.
Beperkte ruimte: 60 deelnemers per sessie.
Kom geniet ‘n prettige wetenskapervaring terwyl jy aandete met jou gesin of vriende geniet”. Die Science@Dinner geleentheid sluit ‘n ligte ete in en terwyl jy jou aandete geniet sal jy gewys word hoedat alles op die tafel gebruik kan word om prettige wetenskap aktiwiteite te doen wat ook sommige basiese konsepte in die alledaagse lewe verduidelik.
Kaartjieprys: R150 per volwassene en R80 per kind. Aandete, drankies en nagereg ingesluit. Kinders onder 16 jaar moet deur ‘n volwassene vergesel word.
Beperkte ruimte: 40 deelnemers per sessie.
Leer meer oor die bou van die Weston-Farman-tweedekker-skaaluitstalling, ’n replika van die eerste vliegtuig wat in 1906 op die destydse Brandfort, ’n landelike dorp in die Vrystaat, in Suid-Afrika gebou is. Die aanbieding by die Sci-Ed-gebou sal die agtergrondgeskiedenis, konseptualisering en beplanning, asook die bou- en monteringsproses insluit.
Kinders onder 16 jaar moet deur ‘n volwassene vergesel word.
Beperkte ruimte: 50 deelnemers per sessie.
Kom geniet opwindende demonstrasies van wetenskapkonsepte in aksie. Die prettige aktiwiteite en eksperimente is ontwikkel as opvoedkundige vermaak en sal nuuskierigheid en weetgierigheid by jonk en oud aanmoedig.
Kinders jonger as 16 jaar moet deur ’n volwassene vergesel word.
Beperkte ruimte: 50 deelnemers per sessie.
Die KIOSK sal oop wees.
Wees deel van die gehoor tydens ’n opname van die gewilde Afrikaanse RSG-radioprogram, Sterre en Planete. Ontmoet Prof. Matie Hoffman en Willie Koorts en leer meer oor ’n interessante onderwerp in sterrekunde.
Kinders onder 16 jaar moet deur ‘n volwassene vergesel word.
Beperkte ruimte: 50 deelnemers per sessie.
In hierdie maak-en-neem-saam-aktiwiteit bou jy jou eie replika-valskerm uit huishoudelike materiale en lanseer dit dan vanaf die Sci-Ed-dak om te sien wie die teiken kan tref!
Kinders onder 16 jaar moet deur ‘n volwassene vergesel word.
Beperkte ruimte: 24 deelnemers per sessie.