Met sy geliefde klaviertreffers, oud én nuut, en die bekendstelling van sy nuwe boek, KLAWER, neem Rocco de Villiers die gehoor op ’n reis deur die klein, kleiner en kleinste dorpies van Suid-Afrika. Hierdie konsert is meer as net musiek – dit is Rocco se dankbare geskenk aan die hart van die land: sy dorpe, sy stories, sy mense. ’n Intieme feesviering van musiek, herinnering en inspirasie – saam met Hansie Roodt op kitaar en bastrom.
Location: Naval Hill-planetarium
The Little Prince
The Little Prince vertel die verhaal van die vriendskap tussen ’n loods en ’n blonde seuntjie wat begin met die vraag: “Teken vir my ’n skaap?” Die Prinsie het waarskynlik van Asteroïede B612 af na die aarde gekom. Die veteraanakteur Chris van Niekerk vertel die verhaal uit die loods se oogpunt, terwyl die gehoor die epiese reis op die volkoepel van die planetarium volg. Hierdie is ’n unieke geleentheid om een van die wêreld se klassieke verhale te ontdek.
Unseen Earth
Hoe lyk die Aarde? Wanneer jy jou oë toemaak, verbeel jy jou waarskynlik ’n blou planeet wat vreedsaam in die ruimte sweef. Ons persepsie van die Aarde ontwikkel voortdurend. In die kristalhelder lense van satelliete openbaar ons planeet homself in onverwagte kleure en patrone en verskaf enorme hoeveelhede data. Voortgesette vooruitgang in satelliettegnologie en gekoördineerde wêreldwye Aardewaarnemingsprogramme stel ons in staat om ons planeet meer akkuraat as ooit tevore te monitor en doeltreffender op sy voortdurende transformasies te reageer.
’n Gevaarlike heelal
Potensieel-gevaarlike naby-die-aarde-voorwerpe is asteroïede en ander ruimterommel binne ongeveer 50-miljoen km vanaf die Aarde wat groot genoeg kan wees om massasterftes en skade aan die planeet te veroorsaak. Afhangend van hul grootte, spoed, invalshoek en impakgebied, kan hierdie voorwerpe miljarde lewens bedreig met impak en in die daaropvolgende tsoenami’s, aardbewings en brande. Dan is daar ruimteweer … En wat lê anderkant die sonnestelsel? Het ons maniere om hierdie bedreigings die hoof te bied?
KIRA
In die nie-so-verre-nie-toekoms, beheer die grootste korporasie op die planeet die aarde se kosbaarste hulpbron: water. Eve en Max is gereed om alles op die spel te plaas om die waarheid bloot te lê sodat die mensdom ’n kans op oorlewing het. Wanneer die gevaar naderkom, spring Kira in om te help. Maar wie, of wat, is Kira? In ’n wêreld waar die grense tussen werklikheid en tegnologie vervaag, wat is werklik? En belangriker nog, wat is die waarheid?
Mysteries of your Brain
Beleef ’n geanimeerde avontuur saam met ’n meisie en haar kraai-metgesel in hul soektog na wat die menslike brein so besonders maak. Saam sal julle langs die paaie van neurone zoem, uitvind hoe mens- en dierbreine verskil en illusies op ’n groot skaal beleef! Onderweg leer jy hoe jou brein jou maak wie jy is en sien jy dat ons uiteindelik elkeen die krag het om ons breine te verander.
Ongesiene Aarde
Hoe lyk die Aarde? Wanneer jy jou oë toemaak, verbeel jy jou waarskynlik ’n blou planeet wat vreedsaam in die ruimte sweef. Ons persepsie van die Aarde ontwikkel voortdurend. In die kristalhelder lense van satelliete openbaar ons planeet homself in onverwagte kleure en patrone en enorme hoeveelhede data. Voortgesette vooruitgang in satelliettegnologie en gekoördineerde wêreldwye Aardewaarnemingsprogramme stel ons in staat om ons planeet meer akkuraat as ooit tevore te monitor en doeltreffender op sy voortdurende transformasies te reageer.
Passport to the Universe – Ruimtevorms
’n Afrikaanse volkoepelrolprent met verteller Magdaleen Schoch. Lyk die Aarde soos ’n bal, of is dit rond soos ’n pannekoek? Wat van Saturnus en sy ringe? Ruimtevorms gee ’n prettige en skouspelagtige beskrywing van verskillende voorwerpe in die ruimte. Aanbeveel vir kinders van drie tot sewe jaar.
Ted’s Space Adventure
Jong besoekers kan aansluit by Ted en sy blom terwyl ons die toestande op verskillende planete verken en ontdek watter een die beste is vir Ted om sy blom op te plant. Ons besoek die Son, Mercurius, Venus, Pluto, Mars, die Aarde, die Maan; asook Jupiter, Saturnus, Uranus en Neptunus.
Teken vir my ’n vliegtuig
Teken vir my ’n vliegtuig vertel die verhaal van die Duitse bomvlieënier wat onwetend die Lockheed P-38 van Antoine de Saint-Exupéry, skrywer van Die Klein Prinsie, afgeskiet het. Die produksie voer die gehoor terug na die 1940’s, waartydens twee belangrike gebeure plaasgevind het: die skryf van Die Klein Prinsie, en die dood van die skrywer daarvan. Die handeling speel af in die moderne Duitsland, waar die bejaarde bomvlieënier ontdek dat hy onwetend ’n klassieke skrywer doodgemaak het.









