In Witnesses ondersoek Franli Meintjes beide fisieke en sielkundige kwesbaarheid binne die konteks van ‘n magies-realistiese landskap. Hierdie verbeelde wêreld, deurdrenk met storievertelling en mitologie vergestalt die teenstrydigheid daarvan om tegelyk ’n toevlug en ’n bron van vrees te wees. Met haar persoonlike ervarings van die Suid-Afrikaanse landskap as vertrekpunt, verken sy die onderlinge verbondenheid van herinnering, plek en argitektuur deur middel van ‘n veselgebaseerde installasie. Saam met hierdie werke skep sy figuratiewe en abstrakte tekstuurryke stukke deur gebruik te maak van punch needle-, tufting- en knooptegnieke.In teenstelling met uitbeeldings van argitektoniese verval, roep hierdie hangende veselstrukture eienskappe van ontwikkelende, organiese lewe op.
Die uitstalling is oop Maandag tot Vrydag (7-10 Julie) van 08:00 tot 17:00 en op Saterdag (11 Julie) van 09:00 tot 16:00.
Opening: 7 Julie, 18:00.
Rondwandeling: 8 Julie, 12:00 – 12:45.









