btt

Die Grafdigter

ATKV-Boeke-Oase
Afrikaans
60 min

Mila Kozlowa is ’n Moskouse psigoterapeut wat tydens beradingsessies sit en fantaseer oor geroosterde salm en seks. Sy dink ook aan haar oud en verswakte ouma Babusja. Wat steek sy vir haar weg? Het haar ouers regtig tydens ’n ruimtereis verdwyn? Wanneer Mila ’n Suid-Afrikaner ontmoet wat sy oorlogtrauma met haar deel, begin die skeidslyn tussen werklikheid en fantasie vervaag. Waar eindig die droom en begin die realiteit? En vir hoe lank kan ’n mens jou eie leuens glo?

Gerda Taljaard is die skrywer van die romans ’n Engel in die hoenderhok, Kelder, Die laksman se dogter en Vier sustersDie laksman se dogter is met die kykNET-Rapport-filmprys vereer; Vier susters is bekroon met die kykNET-Rapport-fiksieprys en die ATKV-Woordveertjie vir prosa. Haar gedigte en kortverhale verskyn in verskeie publikasies en sy is met die Litera- en De Compagnie-prys vir beste kortverhaal bekroon. Sy woon in Pretoria.

Uitgewer: Penguin Random House
Outeur: Gerda Taljaard
Aanbieders: Gerda Taljaard, Hennie van Coller
11
Sat
17:00
ALLES | MH
Warning: Sex, Mental health struggles

Kaartjieprys/toegang
R40
Bespreek nou!
Kaartjies beskikbaar by: