Maak gereed vir ’n nostalgiese reis gevul met warmte en liefde in al sy vorme. Coenraad Rall se klavierklanke herinner jou aan vervloë tye, terwyl Hannes van Wyk ’n keur van intieme briewe, wat soos geheime bewaar is, deel. Hierdie hartsbriewe – soms snaaks, soms hartseer, altyd opreg – vertel van verlore liefdes, familieherinneringe en eenvoudige vreugdes. Hartsbriewe is ’n huldeblyk aan dit wat ons harte raak, met stories, humor, ’n traan of twee, en ’n blywende gevoel van troos.




