btt

Hulde aan Helde: Johann Lodewyk Marais

ATKV-Boeke-Oase Binnehof
Afrikaans
60 min

Die digter Johann Lodewyk Marais is 70 jaar gelede in Hillbrow gebore, maar word groot op die plaas Sans Souci in die distrik Harrismith, waar hy Sotho vlot leer praat. As plaaskind ontwikkel hy ’n groot liefde vir die natuur. Hy begin op hoërskool ywerig lees. Sy eerste gedig is in standerd 9 in Die Vaderland gepubliseer. Sy eerste digbundel, Die somer is ’n dag oud, verskyn in 1983 en word in 1984 met die Ingrid Jonker-prys bekroon. Sy werk word hoog aangeprys en onder meer as “natuurgevoelig” bestempel. Hy skryf ook reisboeke en biografieë.

Aangebied deur NALN.

Vervaardiger: NALN
Organisasie: NALN
Aangebied deur: Johann Lodewyk Marais, Neil Cochrane en Werner Vermeulen
8
Woe
15:00
ALLE

Kaartjieprys/toegang
R40
Bespreek nou!
Kaartjies beskikbaar by: