btt

Kinderlê

kykNET Scaena-teater
Afrikaans
70 min

’n Wrok, sê hulle, is ’n seer ding om te koester. Namas en Boesmans word mos as vreedsame mense uitgebeeld – mense wat weggee as daar moet weggegee word. Maria het, soos Hanna, ’n kjeent by God gesmeek, en Dammas is vir Dawid en Maria gegee. Maar op ’n Sondag in 1867 word hul kamp, Nona-Ams, oorval. 32 Nama-kjeeners sterf. God wat gee, vat ook terug. Dié stuk ontbloot ’n minder bekende Noord-Kaapse geskiedenis – ’n verhaal oor ma-wees, geloof en letsels wat steeds oor Namakwaland lê.

’n Ko-produksie van die Stellenbosch Toyota Woordfees en Suidoosterfees, ondersteun deur NATi en Festival Enterprise Catalyst (FEC), in samewerking met die Jobs Fund.

Rolverdeling: Miché van Wyk, Theodore Jantjies, Lynette du Plessis, Damian Jacobs
Regisseur: Lee-Ann van Rooi
Produksiehuis: Bossikop
Verhoogbestuurder: Charlene Colling
Choreograaf: Grant van Ster
Dramaturg: Lynthia Julius
Produksieontwerp: Lee-Ann van Rooi
Klank: Carl Julius
Beligtingsontwerp: Alfred Rietmann
8
Woe
12:00
9
Don
12:30
13+

Kaartjieprys/toegang
R220
Bespreek nou!
Kaartjies beskikbaar by: