btt

NALN bied aan: Tussen tale en tekste

ATKV-Boeke-Oase Binnehof
Afrikaans
60 min

Hoe vind ’n storie sy weg van een taal na ’n ander sonder om sy hart te verloor? Bekroonde skrywers Fanie Viljoen en Jaco Jacobs gesels oor die kuns en uitdagings van vertaling, die oorsteek van grense tussen tale, en die maniere waarop stories nuwe lesers vind.

As deel van die gesprek word daar ook teruggekyk na die werk van Janie Oosthuysen en haar bydrae tot die wêreld van vertaling en literatuur. Sluit aan vir ’n boeiende gesprek oor taal, stories, kreatiwiteit en die belangrike rol wat vertalers speel om literêre wêrelde vir nuwe gehore oop te maak.

Aanbieders: Wyno Simes, Fanie Viljoen, Jaco Jacobs
Organisasie: NALN
9
Don
15:00
ALLE

Kaartjieprys/toegang
Gratis