Kom kuier in ons sitkamer, ontspan en geniet ’n gesellige uur saam met Cintaine Schutte en van ons land se topkunstenaars: ’n gesprek oor wat agter die skerms gebeur, hoe hulle werk op die planke bring en wie hulle is wanneer die ligte afgaan. Vra vrae, lag saam en leer die mense agter die kuns ken. ’n Intieme, lewendige ervaring waar die gehoor deel is van die storie en hulde bring aan kunstenaars wat ons inspireer.




