btt

Drie van die Bestes – Danie Niehaus, Mathys Roets en Germandt Geldenhuys

Drie uiteenlopende stemme en persoonlikhede vervleg hul stemme meesterlik in ’n harmonieuse vertoning met tydlose gunstelinge en nuwe klanke. Die groep het meer as 25 jaar gelede ontstaan en al het die samestelling oor die jare verander, is die kombinasie van Roets en Niehaus se musikale ondervinding en Geldenhuys se jeugdige aanslag ’n wenresep. Hul sang is eg, hul energie aansteeklik en hul liefde vir musiek straal uit elke lied.

Here Comes the Sun

Ensemble Masana is in 2023 gestig deur Mareli Stolp (klavier), Rikus Coetsee (saxofoon) en Handri Loots (fluit). Al drie is ervare kamermusikante en tree gereeld regoor Suid-Afrika en internasionaal op. Dié trio se gesamentlike musikale reis is Ensemble Masana, die Tsonga-woord vir “sonskyn”. Hulle bied ’n gevarieerde program van musiek deur Franse, Amerikaanse, Britse en Suid-Afrikaanse komponiste aan, wat die wye spektrum van moontlikhede vir al drie instrumente in duet-, solo- en trioformaat uitlig.