btt

Die Avonture van Helga Roets

ATKV-Boeke-Oase
Afrikaans
60 min

Helga Roets woon al ses jaar by Silwerhare-aftreeoord en danksy haar motortjie bly sy bedrywig. Wanneer sy deur die oogarts met makulêre degenerasie gediagnoseer word, is Helga raadop. Daar lê dan so ’n bedrywige week voor: twee begrafnisse en ’n troue in die Paarl! Dinsdag glip Helga suutjies by die aftreeoord weg, reg om haar reisavontuur te begin. Maar die orige Stefaans de Wet wag onder die lamppaal; so ewe van plan om haar te vergesel. Net omdat sy kwansuis nie kan síén nie.

Riaan Grobler is bekend as sanger, akteur, omroeper, aanbieder, skrywer, en musiekopsteller by RSG. Riaan is gebore in Polokwane en woon in Pretoria. Hy het twee blitsverkoperromans geskryf in twee jaar: Geheime op Philadelphia en Hospitaal Weltevreden. Die Avonture van Helga Roets is sy derde roman.

Uitgewer: Human & Rousseau
Outeur: Riaan Grobler
Aanbieders: Riaan Grobler, Annerle Barnard
7
Din
11:00
ALLE

Kaartjieprys/toegang
R40
Bespreek nou!
Kaartjies beskikbaar by: