btt

Vivaldi en die Vondeling

Die uitsonderlike lewe van Anna Maria della Pietà
OFM Odeion
Afrikaans
60 min

Anna Maria della Pietà was Venesië se wonderkind. Reeds op agt was sy ’n begaafde violis en komponis, en op twaalf die jongste eerste violis van die Ospedale della Pietà se kloosterorkes. As vondeling, kind van ’n prostituut, het sy ’n kwesbare begin oorleef. Haar leermeester was die briljante, eksentrieke Antonio Vivaldi, wat 28 vioolkonserte aan haar opgedra het. Hierdie meesterwerk vertel van haar merkwaardige groei tot gesogte Maestra di violino en Maestra di coro.

Regisseur: Niël Rademan
Ontwikkelingsbefondsing: Hessequa Harmonie, Woordfees, Suidoosterfees, Vrystaat Kunstefees / Arts Festival
Kunstenaars: Lynelle Kenned (aktrise, sopraan), Anton Esterhuyse (klavesimbel, klavier), Sharon De Kock (viool)
Dramaturg: Riana Scheepers
Ontwerp: Lindi Heila Smit
Ondersteuning: NATi
7
Din
20:00
8
Woe
09:00
ALLE

Kaartjieprys/toegang
R220
Bespreek nou!
Kaartjies beskikbaar by: