btt

Sitkamersessies met Cintaine

Kom kuier in ons sitkamer, ontspan en geniet ’n gesellige uur saam met Cintaine Schutte en van ons land se topkunstenaars: ’n gesprek oor wat agter die skerms gebeur, hoe hulle werk op die planke bring en wie hulle is wanneer die ligte afgaan. Vra vrae, lag saam en leer die mense agter die kuns ken. ’n Intieme, lewendige ervaring waar die gehoor deel is van die storie en hulde bring aan kunstenaars wat ons inspireer.

Lisa met die Rooi Hare: Die Show ná die Show

Vanaf die digitale wêreld van YouTube tot by die hartklop van die Rosestad! Lisa met die Rooi Hare nooi jou om die alledaagse agter te laat, ’n glasie vol te skink en saam te kuier in ’n atmosfeer gelaai met kreatiwiteit. In hierdie eksklusiewe uur deel Lisa die verhoog met van die land se mees geliefde musiek- en teaterbekendes. Dit is ’n intieme kykie na die “show ná die show” – daardie eerlike, ongefilterde oomblikke en stories wat gewoonlik net agter die gordyn bly.

Kook en Kuier

Geniet ’n kuiertjie rondom kosmaak saam met Frik en ’n paar uitgenooide feeskunstenaars. Kom leer meer oor hul produksies te wete en leer hulle beter ken terwyl Frik, saam met Sjef Patso, hul gunstelingdisse voorberei.

Hannes aan Huis

Hannes aan Huis by die Vryfees is die geselsprogram waaroor almal praat! Sluit aan by Hannes terwyl hy gesels met sommige van die grootste name in die vermaaklikheidsbedryf. Van akteurs en musikante tot dansers en komediante deel hul stories, insigte en geheime met Hannes. Jy sal lag, jy sal huil, en jy sal vermaak word van begin tot einde. Of jy nou ’n ysterbaard-aanhanger is of net van ’n goeie geselskap hou, jy sal gek wees oor Hannes aan Huis!

Hannes van Wyk is ’n Suid-Afrikaanse akteur, aanbieder, vervaardiger en ’n gewilde aanbieder en het al onderhoude gevoer met internasionale figure soos Nelson Mandela, Bill Clinton en Arnold Schwarzenegger. Hy het drama aan die Universiteit van die Vrystaat studeer en was aktief in teater voordat hy op televisie deurgebreek het. Sedert 2015 is hy die aanbieder van die gewilde kykNET-program Kwêla.

Laataand met Charles Smith: Nuushoof van Netwerk24 in die Vrystaat en die Noord-Kaap

Ek gaan ’n laataand-geselsprogram by kaggelvuur en wyn aanbied waar kuiergaste kan kom ontspan ná ’n vertoning en meer hoor oor ons skrywers, akteurs, en musikante se lewens. Ek hou daarvan om mense aan die gesels te kry oor hulself, hul stokperdjies, lewensuitkyk en dinge wat mense nooit van hulle geweet het nie.

Charles Smith is ’n joernalis en redakteur by Netwerk24 en dien as nuushoof vir die Vrystaat en Noord-Kaap. Hy is bekend vir sy werk in die Afrikaanse media, waar hy oor ’n verskeidenheid nuus-, kultuur- en aktuele sake skryf. Deur sy joernalistieke werk en onderhoude dra hy by tot openbare gesprekke oor die samelewing, kultuur en gebeure in Suid-Afrika.